Zimbabwe Krieket

Zimbabwe Krieket
Kenteken van Zimbabwe Krieket
Kenteken van Zimbabwe Krieket
Engelse naam Zimbabwe Cricket
Afkorting ZC
Land Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Sportsoort Krieket
Stigting 1898
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit op 21 Julie 1981
Vastelandse beheerliggaam Afrikakrieketvereniging
Voorsitter Tavengwa Mukuhlani
Hoof- uitvoerende beampte Wilfred Mukondiwa
Setel Harare Sportklub, Harare, Zimbabwe
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf zimcricket.org

Zimbabwe Krieket (Engels: Zimbabwe Cricket, afgekort “ZC”) is die bestuursliggaam wat krieket in Zimbabwe beheer en is by die Harare Sportklub in Harare gesetel. Die beheerliggaam is in 1898 gestig as die Rhodesiese Krieketunie (Rhodesia Cricket Union, “RCU”) en het in 1992 sy huidige naam aangeneem. Dit verteenwoordig Zimbabwe by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en ook by die Afrikakrieketvereniging (Africa Cricket Association, “ACA”).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne